Begin / Hoe Om Te Begin
Bystand
Indien jy enige bystand benodig of die Span van Ayoba wil kontak, besoek Ayoba.me/contact.
Aflaai en Installering
Hoe laai ek Ayoba af?
- Ayoba.me/download – (gratis data); of
Jy kan enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy Ayoba verniet aflaai, sonder om jou data te gebruik.
- Google Play Store
Jy kan Ayoba ook van Google Play Store aflaai. Maak net die Play Store oop, soek na Ayoba, en laai dit af om Ayoba te begin gebruik.
Hoe doen ek opdaterings op Ayoba?
Ayoba kan opgedateer word op Google Play Store; of
Die Ayoba-App is tans net beskikbaar vir Android-fone (ander weergawes sal binnekort beskikbaar wees!). Om op te dateer, gaan na Google Play Store, tik dan op Menu > My apps & games.Tik op UPDATE langs Ayoba! Gratis Kitsboodskappe.
Alternatiewelik, gaan na die Play Store en soek na Ayoba. Tik op UPDATE onder Ayoba! Gratis Kitsboodskappe.
Op die Ayoba-webwerf
Jy kan jou Ayoba-App ook op ons webwerf opdateer. Besoek net Ayoba.me/download
Hoe herinstalleer ek Ayoba?
Om die Ayoba-App te herinstalleer, moet jy dit eers van jou foon verwyder. Ons stel voor jy doen eers ‘n rugsteun van jou geselsies voordat jy tot hierdie stap oorgaan. Tik net op Menu, kies Instellings, tik dan op Maintenance, en kies Gespreksrugsteun.
Dit sal help dat al jou geselsies veilig in die Cloud gestoor word, en jou toelaat om jou geselsgeskiedenis te herlaai, indien nodig. Let net daarop dat jou rugsteuns nie plaaslik op jou toestel gestoor word nie, en dat jy dus toegang tot die internet moet hê om ‘n rugsteun te maak.
Volg asseblief hierdie stappe om Ayoba te verwyder en te herinstalleer:
Opsie 1:
- Raak aan die Ayoba-ikoon op die Home-skerm en hou so totdat die ikoon begin wikkel.
- Tik op die X in die hoek van die Ayoba-ikoon.
- Tik op Skrap om die App en al sy data te verwyder.
- Druk die Home-knoppie.
- Laai die Ayoba-App weer van Google Play Store af.
- Herstel die rugsteun van jou geselsies deur eers op Menu te tik. Kies dan Instellings, tik op Maintenance, kies Gespreksrugsteun, en herstel.
- Jy kan ook enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai en te herinstalleer. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy enige tyd die Ayoba-App verniet* aflaai, sonder om jou data te gebruik.
*Gedurende die promosietydperk
Opsie 2:
- Raak aan die Ayoba-ikoon op die Home-skerm, hou dit so en sleep dit na die rommelmandjie / Uninstall bin.
- Kies Uninstall om te bevestig dat die App en al die data verwyder moet word.
- Druk die Home-knoppie.
- Laai Ayoba weer van Google Play Store af.
- Herstel die rugsteun van jou geselsies deur eers op Menu te tik. Kies dan Instellings, tik op Maintenance, kies Gespreksrugsteun, en herstel.
- Jy kan ook enige tyd die Ayoba-webwerf besoek om die App af te laai en te herinstalleer. As jy ‘n MTN-gebruiker is, kan jy enige tyd die Ayoba-App verniet* aflaai, sonder om jou data te gebruik.
*Gedurende die promosietydperk
Verifiëring
Hoe verifieer ek my nommer?
Sodra jy klaar die App afgelaai het, maak dit oop en volg hierdie stappe:
- Vul jou volle naam in.
- Kies jou land op die afrollys. Jou landskode sal outomaties by jou telefoonnommer ingevul word.
- Vul jou telefoonnommer in die boks daaronder in.
- Tik op Verifieer om ‘n kode te versoek.
- Vul die 6-syfer-kode in wat jy per SMS ontvang.
Ek het nie ‘n 6-syfer-kode per SMS ontvang nie
- Wag tot die afteltyd verby is en kies dan weer Send SMS.
- Moenie die kode raai nie. Jy gaan vir ‘n tydperk uit jou rekening gesluit word. Dit is ‘n veiligheidsmaatreël om seker te maak niemand anders het toegang tot jou rekening nie.
As die probleem voortduur, probeer asseblief die volgende:
- Reboot jou foon. (Om jou foon te reboot, sit dit af, wag 30 sekondes en sit dit weer aan.)
- Verwyder en herinstalleer die nuutste weergawe van Ayoba.
Kan ek Ayoba op twee toestelle gebruik?
Jou Ayoba-rekening kan net met een nommer op een toestel geverifieer word. Al het jy ‘n dubbel-SIM-foon, moet jy in gedagte hou dat jy steeds een nommer moet kies om met Ayoba te verifieer. Daar is geen opsie vir ‘n Ayoba-rekening met twee telefoonnommers nie.
Moet ek weer registreer as ek die App verwyder en herinstalleer?
Nee, jy hoef nie. Al wat jy moet doen, is om Ayoba weer van Google Play Store of van Ayoba.me/download af te laai. Vul jou naam in, kies jou land op die afrollys, vul jou telefoonnommer in en kies Verifieer.
Let wel: As jy ‘n rugsteun gemaak het van jou geselsgeskiedenis voordat jy die App verwyder en herinstalleer het, sal jou geselsgeskiedenis outomaties herstel word.